Gesigte in die Muur

Deur Kevin du Plessis

(Afrikaans)

Of ons dit nou kan sien

Of ons dit nou kan hoor

Of voel of ruik of proe

Weet, hulle is hier

Die gesigte in die muur

 

In ons kerslig gange

En ons wegkruipplekke

Van sit of staan of lê

Kyk, hulle is daar

Dies wat so alewig staar

 

Onthou jou son-speel-tyd

In die dae van gou-gou groot

Daai alleen-gevoel van duiweljaag,

Dit was die koppe

Wat deur pleister stoot

Nog elke uur was daar gesigte in die muur

Dis hulle wat oor jou skouer loer

En net as jy wegdraai roer

Weet, hulle is hier

Die gesigte in die muur

 

Met donderslag se skrik

Of ’n leë huis se stil

Van doof tot blêr, of niks

Hoor, hulle luister

Die bekke wat so fluister

 

In donker van die nag

In helder van die dag

Laas en nou en more

Voel hulle aan

As jy teen bakstene staan

 

Nog elke uur was daar gesigte in die muur

Dis hulle wat oor jou skouer loer

En net as jy wegdraai roer

Weet, hulle is hier

Die gesigte in die muur

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s