Shakespeare moes ook vriende hê

Deur Kevin du Plessis

(Afrikaans)

 

Los eers Valentynskaartjielirieke

Of troudagmusiek met confetti,

En traanpik somerplaashartbreek,

Ek moet vanaand vir jou sê,

In ons stoutwees- en sigaretrookdae

Van drie-uur-slaap en vinnig-ry:

Shakespeare moes ook vriende hê

 

Na al ons harteliedjies

en “Ag, jy’s os oulik”-dientjies

Gaan ons silwer volmaanblesdae kry

Van dink watter glimlagure om te replay.

Dit gaan wees van ek en jy

en Jimmy

en Gerrie

En al die res

Toe seks ’n joke was

En ons handboekgeldbiere

En ’n matras op die gras

Genoeg vir ons was.

En as ons almal gaan lê,

Onthou,

Shakespeare moes ook vriende hê

 

Ek skryf dit nou vir ons op ’n poskaart

En stuur dit deur droomgebeurtyd

Om die wêreld te reis van hand na hand

Of op jou stoep te land

Met vanaand se woorde wat sê,

Dit gaan wees van ek en jy

en Jimmy

en Gerrie

En al die res

Toe seks ’n joke was

En ons handboekgeldbiere

En ’n matras op die gras

Genoeg vir ons was.

En as ons almal gaan lê,

Onthou,

Shakespeare moes ook vriende hê

Ou, Shakespeare moes ook vriende hê

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s